Yukio Mishima | |
---|---|
三島由紀夫 | |
Mishima in 1956 | |
Gebore | Kimitake Hiraoka 14 Januarie 1925 Nagasumi-cho 2-chome, Yotsuya-ku, Tokio, Tokio Prefektuur, Japannese Ryk (Teenswoordig: Yotsuya 4-chome, Shinjuku-ku, Tokio, Japan) |
Sterf | 25 November 1970 (op 45) |
Doodsoorsaak | Seppuku |
Alma mater | Universiteit van Tokio |
Beroep |
|
Notable work | Bekentenissen van een gemaskerde, Het goude paviljoen |
Handtekening | |
Yukio Mishima (三島 由紀夫 Mishima Yukio) was die skuilnaam van Kimitake Hiraoka (平岡 公威 Hiraoka Kimitake, 14 Januarie 1925 – 25 November 1970), 'n Japannese skrywer, digter, draaiboekskrywer, akteur, regisseur, nasionalis, en stigter van die Tate no kai.
Mishima word beskou as een van die belangrikste Japannese skrywers van die 20ste eeu. Hy is in 1968 oorweeg vir die Nobelprys vir Letterkunde maar die prys is toegeken aan sy landgenoot, Yasunari Kawabata.[1]
Sy werke sluit die romans Bekentenissen van een gemaskerde, Het gouden paviljoen en die outobiografiese essay Sun and Steel in.
Mishima se werke word gekarakteriseer deur hul weelderige woordeskat en dekadente metafore, die versmelting van tradisionele Japannese en moderne Westerse literêre style, en die obsessiewe daarstelling van die eenheid van prag, erotisisme en die dood.[2]
Hy was 'n velle kritikus van Marxistiese ideologieë en het 'n ongewapende burgerlike milisie gestig vir die uitgesproke doel om die keiser te verdedig in die geval van 'n rewolusie deur Japannese kommuniste. Op 25 November 1970 het Mishima en vier lede van sy milisie 'n militêre basis in sentraal Tokio betree en die bevelvoerder gyselaar geneem.
Hy en die lede van sy milisie het probeer om die soldate by die basis te oortuig om by hulle aan te sluit ter ondersteuning van die keiser en met die doel om Japan se pasifistiese grondwet tot niet te maak. Toe hierdie poging onsuksesvol was, het Mishima selfmoord gepleeg by wyse van seppuku.